18 YEAR CELEBRATION | www.cheesefestival.co.za

17th SA Cheese Festival a successful combination of visitors, exhibitors and products

The 17th South African Cheese Festival over the long weekend was a huge success with almost 30 000 people attending the popular celebration of cheese and this diverse dairy product’s culinary companions. Boutique and commercial cheeseries from across the country annually bring more than 20 tonnes of cheese to the festival. According to Johan Ehlers, CEO of Agri-Expo, organisers of the festival, Agri-Expo and the exhibitors were both surprised by the strong buying power at this year’s festival, especially with economic challenges facing the consumer.

The three food theatres at the festival were a big hit with visitors. No less than 40 demonstrations were presented by culinary specialists, including the celebrity chefs Jenny Morris, Kamini Pather, Pete Goffe-Wood, Carmen Niehaus and Katelyn Allegra. The demonstrations included cheese pairings with complementary products such as SA’s top ten Chenin Blanc wines, craft beer, tea, chocolate, dried fruit and nuts.

Award-winning festival still innovates after 17 years

The first #YourWheyWithCheese Cook-off for amateur chefs, in partnership with Heart FM, was won by Liesl Armstrong from Durbanville (left), home loans consultant at Betterbond. Armstrong says she entered the challenge because “being a cancer survivor taught me to grab every opportunity with open arms”. As a home cook she always wanted to attend a chef course, a dream came true thanks to the SA Cheese Festival. Armstrong’s prizes include a Jenny Morris CooksPlayground course, a Leon the Milkman cheese making workshop and Taurus kitchen equipment.

Several new boutiques cheeseries, including Vredesberg, an empowerment project from Kareedouw, exhibited for the first time thanks to the support of the Western Cape Department of Agriculture (WCDoA) and Absa. Agri-Expo also joined forces with the WCDoA for the Cape Made: Taste the Alternatives project to enable smaller producers and entrepreneurs to showcase their alternative niche products such as pomegranates, honey, mushrooms and more – all the perfect cheese companions.

Another new addition was a dedicated #waterwise exhibition area. In response to Wesgro’s call to keep the Western Cape economy growing during the current drought, the organisers decided to continue with the 2018 SA Cheese Festival as a contribution to water saving campaigns. Water-wise recipes were specially developed for cooking demonstrations at the festival. The recipes are included in a free recipe book as part of the Cape Made project.

Ehlers, on behalf of Agri-Expo, thanks every visitor, exhibitor, partner and supplier who contributed to the success of the 17th SA Cheese Festival, and especially for their support of the water saving initiatives at the festival.

The 18th SA Cheese Festival takes place from Friday 26 April to Sunday 28 April 2019 at Sandringham Estate outside Stellenbosch. Visit www.cheesefestival.co.za for photos of the 2018 festival, and to download the Cape Made recipe book.

Besoekers, uitstallers en produkte sorg saam vir suksesvolle 17de SA Kaasfees

 Die 17de Suid-Afrikaanse Kaasfees die afgelope langnaweek was ‘n reusesukses met byna 30 000 mense wat hierdie gewilde viering van kaas en dié diverse suiwelproduk se kulinêre pasmaats bygewoon het. Boetiek- en kommersiële kaasmakerye van regoor die land bring jaarliks meer as 20 ton kaas na die fees. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, organiseerders van die fees, was Agri-Expo vanjaar saam met die uitstallers verras oor die sterk koopkrag by die fees, veral ten spyte van die ekonomiese uitdagings vir die verbruiker. Agri-Expo skryf dit toe aan die gehalte van die produkte by vanjaar se fees.

Die drie kosteaters by die fees was ‘n groot gunsteling onder besoekers. Nie minder nie as 40 kookdemonstrasies is deur kulinêre kenners, insluitend die glanssjefs Jenny Morris, Kamini Pather, Pete Goffe-Wood, Carmen Niehaus en Katelyn Allegra, aangebied. Die demonstrasies het kaaspasmaats, insluitende SA se top-tien-Chenin Blanc-wyne, boetiekbier, tee en nisprodukte soos sjokolade, droëvrugte en neute, ingesluit.

Bekroonde fees bly vernuwend ná 17 jaar

Die eerste #YourWheyWithCheese-kookuitdaging vir amateursjefs, in vennootskap met Heart FM, is gewen deur Liesl Armstrong van Durbanville, ‘n huisleningskonsultant by Betterbond. Volgens Armstrong het sy ingeskryf omdat sy as kankeroorwinnaar geleer het om elke geleentheid met ope arms aan te gryp. As “huiskok” wou sy nog altyd “bitter graag ‘n sjefkursus bywoon om die fyner kunsies te bemeester”, ‘n droom wat waar geword het deur die SA Kaasfees. Amstrong se pryse sluit ‘n Jenny Morris-kookkursus, ‘n Leon the Milkman-kaasmaakwerkswinkel en Taurus-kombuistoerusting in.

Verskeie nuwelingboetiekkaasmakerye, waaronder Vredesberg, ‘n bemagtigingsprojek van Kareedouw, het vir die eerste keer aan die fees deelneem danksy die ondersteuning van die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL) en Absa. Agri-Expo en die WKDL se gesamentlike “Cape Made: Taste the Alternatives”-projek het ook aan kleiner produsente en entrepreneurs wat alternatiewe gewasse bevorder ‘n geleentheid gebied om hul unieke produkte ten toon te stel.

Nog ‘n nuwe toevoeging was ‘n toegewyde #waterwys-uitstalarea. Die organiseerders het in reaksie op Wesgro se oproep om die ekonomie te ondersteun tydens die droogte in die Wes-Kaap besluit om voort te gaan met die 2018 SA Kaasfees om ‘n bydrae te lewer tot waterbesparingsveldtogte. Vanjaar is waterwysresepte spesiaal ontwikkel vir kookdemonstrasies by die fees. Die resepte is ingesluit in ‘n gratis resepteboek as deel van die Cape Made-projek.

Ehlers bedank namens Agri-Expo elke besoeker, uitstaller, vennoot en verskaffer wat bygedra het om die 17de SA Kaasfees ‘n sukses te maak en veral vir hul ondersteuning van die waterbesparende aksies by die fees.

Die 18de SA Kaasfees vind plaas van Vrydag 26 April tot Sondag 28 April 2019 by Sandringham-landgoed buite Stellenbosch. Besoek www.cheesefestival.co.za vir foto’s van die 2018-fees, asook om die Cape Made-resepteboek af te laai.

UITGEREIK DEUR/RELEASED BY

Isabeau Botha

Korporatiewe Kommunikasiebestuurder I Corporate Communication Manager
Agri-Expo
isabeau@agriexpo.co.za
021 975 4440 / 072 247 5868
www.agriexpo.co.za

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.