18 YEAR CELEBRATION | www.cheesefestival.co.za

SA Cheese Festival is #WaterWise

SA CHEESE FESTIVAL IS WATER WISE

The South African Cheese Festival is a water-wise festival. Fans of this annual institution, held this year over the Freedom Day long weekend from Friday, 27 April to Sunday, 29 April 2018 at Sandringham, outside Stellenbosch, are invited to support the 17th festival SA Cheese Festival in a water-wise manner.

Johan Ehlers, Chief Executive Officer of Agri-Expo, says the agricultural society, along with its partners, will present the 2018 SA Cheese Festival without any impact on the already depleted water sources in the Western Cape: “The SA Cheese Festival is regarded as the largest outdoor culinary event in Africa and has recently once again been honoured by AAXO (Association of African Exhibition Organisers) as Best Consumer Exhibition. More than 30 000 members of the public annually attend this three-day event. The impact of the SA Cheese Festival on the local economy as well as on job creation within the agri-processing industry compels us to continue with this award-winning event with the necessary responsibility.”

According to Ehlers, Agri-Expo annually hosts the SA Cheese Festival in the interest of the dairy industry and agri-processing sector: “More than 160 companies and entrepreneurs make use of this platform to market their products to the public, which has a significant influence on the economic growth of SME’s, market accessibility and job creation, with particular reference to small cheesemakers, manufacturers of products of alternative crops and other entrepreneurs. The impact of tourism on the immediate environment as well as the investment by visitors are noteworthy, according to recent research.”

In response to Wesgro’s call to keep the Western Cape economy growing and create jobs during the current challenging drought, Agri-Expo has consulted with various role-players to find solutions to present the 2018 SA Cheese Festival in a water-wise manner. The project is supported by the Western Cape Department of Agriculture. Interventions to minimise the impact on water resources, and to remove the SA Cheese Festival from the water grid, include the use of chemical temporary toilets; borehole water; drinking water and ice obtained from non-drought-stricken areas; waterless hand sanitation; an emphasis on fire hazard regulations; a dedicated #waterwise exhibition area; and the development of waterless recipes for cooking demonstrations; as well as a focus on alternative and climate-smart crops as part of the “Cape Made: Taste the Alternatives” project.

Ehlers says the 2018 SA Cheese Festival will make an educational contribution towards promoting new water saving actions to the consumer. With the biggest percentage of festival goers from the Western Cape, who have already adopted a water-saving culture, we believe they will support our actions. We rely on all role-players to contribute the necessary responsibility and respect to present a successful event given the water situation. The SA Cheese Festival is a truly unique experience where you can taste a dazzling variety of cheeses, pair your favourites with wine and the finest local produce and relax with family and friends whilst being entertained by popular entertainers and well-known chefs – even in a water-wise environment.”

Tickets are available at Computicket (online and in Shoprite and Checkers stores) at R180 per person per day. Senior citizens pay R120 and children from 2 to 13 years pay R20. No tickets will be sold at the gates. For more information visit www.cheesefestival.co.za or contact Agri-Expo at tel 021 975 4440 or admin@agriexpo.co.za.

SA KAASFEES IS WATERWYS

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees is ‘n waterwysfees. Liefhebbers van dié jaarlikse instelling, wat vanjaar oor die Vryheidsdag-langnaweek van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April 2018 op Sandringham buite Stellenbosch plaasvind, word genooi om die 17de SA Kaasfees “waterwys” te ondersteun.

Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, sê dié landbougenootskap, saam met sy vennote, sal die 2018 SA Kaasfees aanbied sonder enige impak op die uitgeputte waterbronne in die Wes-Kaap: “Die SA Kaasfees word beskou as die grootste buitelug-kulinêre geleentheid in Afrika en is so pas weer deur AAXO (Association of African Exhibition Organisers) as Beste Verbruikersuitstalling vereer. Meer as 30 000 lede van die publiek woon jaarliks hierdie driedag-geleentheid by. Die impak van die SA Kaasfees op die plaaslike ekonomie asook op werkskepping binne die agri-prosesseringsbedryf noodsaak ons om met die nodige verantwoordelikheid voort te gaan met hierdie bekroonde geleentheid.”

Volgens Ehlers bied Agri-Expo die SA Kaasfees in die belang van die suiwelbedryf en agri-prosesseringsektor aan: “Meer as 160 maatskappye en entrepreneurs maak van hierdie platform gebruik om hul produkte by die SA Kaasfees te bemark, wat ‘n beduidende invloed op die ekonomiese groei van klein besighede, marktoeganklikheid en werkskepping het, veral vir klein kaasmakers, vervaardigers van produkte van alternatiewe gewasse en ander entrepreneurs. Volgens ‘n onlangse navorsingstudie is die impak van toerisme op die onmiddellike omgewing asook die spandering deur feesgangers betekenisvol.”

In reaksie op Wesgro se oproep om die Wes-Kaapse ekonomie te ondersteun en werk te skep tydens die huidige droogte-uitdaging, het Agri-Expo met verskeie rolspelers gekonsulteer en oplossings gevind om die 2018 SA Kaasfees waterwys aan te bied. Die projek word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou ondersteun. Ingrypings om die impak op waterbronne te beperk en die SA Kaasfees vanuit die bestaande waterrooster te verwyder, sluit die gebruik van chemiese tydelike toilette; boorgatwater; drinkwater en ys vanaf nie-droogte geteisterde areas; waterlose handsanitasie; addisionele brandgevaarregulasies; ‘n toegewyde #waterwys-uitstalarea en die ontwikkeling van waterlose resepte vir kookdemonstrasies in; asook ‘n fokus op alternatiewe en klimaat-slim gewasse as deel van die “Cape Made: Taste the Alternatives”-projek.

Ehlers sê die 2018 SA Kaasfees sal ‘n opvoedkundige bydrae lewer om nuwe waterbesparende aksies aan verbruikers bekend te stel: “Met die grootste persentasie feesgangers uit die Wes-Kaap, wat reeds ‘n waterbesparende kultuur aangeneem het, glo ons dat hulle hierdie aksies sal ondersteun. Ons vertrou dat alle rolspelers sal bydra om met die nodige verantwoordelikheid en respek teenoor die watersituasie ‘n suksesvolle geleentheid aan te bied. Die SA Kaasfees is ‘n waarlik unieke ervaring waar jy nie net ‘n wye verskeidenheid van kase kan proe nie, maar ook jou gunstelingkaas saam met wyn of plaaslike nisprodukte kan geniet terwyl jy saam met familie en vriende ontspan, met gewilde musikante en bekende sjefs wat jou vermaak – selfs in ‘n waterwyse omgewing!”

Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel teen R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar betaal R20. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Vir meer inligting, besoek www.cheesefestival.co.za of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

 

 

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.