Tel: +27 21 975 4440/1/2/3 • www.cheesefestival.co.za

Die Geheim is in die kaas

Wat kan nou lekkerder en meer divers wees as kaas? Op ‘n kaasbord, in jou gunsteling gereg, op ‘n kraakbeskuitjie of sommer net ‘n stuk uit ‘n lekker verouderde blok kaas!

Die immer gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees stel die wydste verskeidenheid kaas en ook komplementêre produkte soos uitstekende wyne, pikante konfyt, vars vrugte maar ook ingheemse tee en eksotiese drankies ten toon. Hierdie grootste buitelug gebeurtenis vind plaas vanaf Vrydag, 28 April tot Sondag, 30 April 2017 op Sandringham, tuiste van die SA Kaasfees.

Die vermaak sluit uitstaande musiek, aanbiedinge deur bekende sjefs en pret aktiwiteite vir kinders en tieners. Neem ‘n welverdiende breek van jou besige skedule en ontspan vir ‘n dag  met jou familie en vriende in die buitelug.

Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel teen R160 per persoon per dag. Senior burgers betaal R100 en kinders 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Die feestye is 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch afddraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl.

Deel in die gesprek:

Twitter @SACheeseFest

Facebook https://www.facebook.com/pages/Cheese-Festival/103882408706

Vir meer inligting, kontak Agri-Expo op tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za

EINDE

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.