Tel: +27 21 975 4440/1/2/3 • www.cheesefestival.co.za

Feesvrystelling: SA KAASFEES IN DIE KOLLIG

Feesgangers kan hulself regmaak vir ‘n besonderse ervaring met die viering van die 15de Suid-Afrikaanse Kaasfees van 30 April tot 2 Mei op Sandringham, Stellenbosch. Die fees is bekend as die grootste kulinêre geleentheid in Suider-Afrika en het in 2015 die platinum toekenning vir die “Beste uitstalling in Suider-Afrika” ontvang.

Met die SA Kaasfees in die kolllig, kan kaasliefhebbers uitsien na ‘n versameling van meer as dertig ton kaas, nuwe aanbiedings,  uitsonderlike vermaak en natuurlik goeie kos, wyn, musiek en ‘n gesellige atmosfeer so eie aan die SA Kaasfees.

Kaas is die fokus van die fees en besoekers kan die wydste verskeidenheid kaas, van bekende soorte soos cheddar, gouda en feta tot die meer eksotiese, handgemaakte boetiek- en artisinale kase in die Checkers Kaasemporium proe en koop. Die kaasreeks word verder aangevul deur die Checkers mini winkel, waar nasionale en internasionale kaassoorte beskikbaar gaan wees.  Knoop ‘n geselsie aan met die kaasmakers oor hul unieke produkte en maak ‘n draai by die Melkfabriek, die beginpunt van die kaasmaakproses.

Die fees bied ‘n propvol vermaaklikheidsprogram aan. In die Checkers Teater word liplekker disse met net die beste kwaliteit kaas, vleis en wyn deur Nataniël, Jenny Morris, Herman Lensing en Jody Theodore aangebied.  Die nuwe Cape Made Kombuis, deur die Wes-Kaap Departement Landbou, lewer ‘n reeks kulinêre koskombinasies op met kaas en alternatiewe nisprodukte soos granate, vye, persimmons en vele meer wat by die Cape Made: Taste the Alternatives beskikbaar is. Die aanbieders is die Stellenbosch Private Hotel School en die Institute of Culinary Arts.  Nog ‘n nuwe toevoeging is die Agri-Expo Proelokaal, waar Nico Stone van SAB ‘n kaas en bier proe aanbied.  Feesgangers kan ook hier hul wynkennis uitbrei met wynproe-sessies deur die Chenin Blanc Assosiasie sowel as Shiraz SA of kom geniet die watertand demonstrasies deur bekende sjefs en kosskrywers, Marlene van der Westhuizen, Susina Jooste en Francois Ferreira. Die Agri-Expo Mall sorg vir ‘n lekker inkopie ervaring met ‘n verskeidenheid alternatiewe produkte.

Daar is iets vir almal en die jaarlikse Ladismith Kaaskerfkompetisie bly ‘n hoogtepunt. Skep jou eie meesterstuk uit ‘n blok kaas en wen pryse met jou kaaskunswerk.

 Die Gourmet Laan bied ‘n heerlike kosseleksie en vir die jongspan is daar die Marcel’s kinderhoekie, waar kinders ure se pret in ‘n veilige omgewing kan hê en tieners kry hul eie, ekslusiewe ruimte by die Teenzone

Die fees word op ‘n hoë noot afgesluit met die musiek van Al Bairre en Blackbyrd, ekslusief op Maandag, 2 Mei by die Ladismith Musiek Gazebo.  Ander musiekgroepe sluit in Bev Scott-Brown Quartet, Undercover, Absolutely Fab en Late Final.

Kaartjies is by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkels beskikbaar teen R150 per persoon.  Senior burgers betaal R100 en kinders 13 jaar en jonger is gratis.  Geen kaartjies by die hekke te koop.  Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00.  Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch afrit 39, tussen Kaapstad en Paarl.

Vir meer inligting, kontak Agri-Expo by 021-975 4440, e-pos admin@agriexpo.co.za of besoek ons webblad www.cheesefestival.co.za.

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.