Tel: +27 21 975 4440/1/2/3 • www.cheesefestival.co.za

So baie redes om SA Kaasfees te besoek

13 Februarie 2017

Bederf jouself met ‘n kaartjie na die bekroonde Suid-Afrikaanse Kaasfees en ontdek ‘n ongelooflike seleksie van die beste en unieke kase, ander kaas produkte en heerlike konfyte wat kaas perfek komplimenteer, sowel as uitgesoekte wyne en gourmet kos.

Hierdie jaar is jou kaartjie ‘n inskrywing in die trekking vir ‘n splinternuwe Chevrolet 1.4 UTEForce nutsbakkie, geborg deur Reeds Motor Groep en Williams Hunt Kaapstad.

Kaasfeesgangers gaan bederf word met die klanke van die immer gewilde Kurt Darren, ekslusief op Vrydag, 28 April 2017 en die beroemde BlackByrd op Sondag, 30 April 2017.  Beide optredes vind in die Stellenbosch Muzik Gazebo op die feesgronde plaas.

‘n Aantreklike Fynproewerservaring is beskikbaar vir diegene wat eksklusiwiteit en bietjie meer privaatheid tussen die duisende kaasliefhebbers verkies.  Hierdie pakket sluit BBP parkering, BBP toegang, ‘n ekslusiewe optrede van Nataniël in die Kookpot en veel meer in. Vir meer besonderhede, besoek die SA Kaasfees of Computicket webblaaie (www.cheesefestival.co.za/features/carnival-park).

Drie teaters verhoog die vermaaklikheidswaarde vir kaasfeesgangers met Nataniël, Carmen Niehaus en Leon die Melkman hierdie jaar in die Kookpot. Nic van Wyk en Reto Jagger tree in die Standard Bank Proelokaal op en Aviv Liebenberg en Charné Loubser van die Privaat Hotelskool kook heerlike disse in die Cape Made Kombuis.

Wen fantastiese pryse en natuurlik die heerlikste kaas in die Ladismith Kaas kerfkompetisie wat daagliks by Blossom se Gazebo plaasvind.

Die SA Kaasfees vind plaas van Vrydag, 28 April tot Sondag, 30 April 2017 op Sandringham, Stellenbosch. Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel teen R160 per persoon.  Senior burgers betaal R100 per persoon en kinders onder die ouderdom van 13 jaar is gratis.  Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00.  Sandringham is gerieflik langs die N1, Stellenbosch afrit 39, tussen Kaapstad en Paarl gelëe.

Besoek ons webtuiste www.cheesefestival.co.za, kontak ons by tel 021-975 4440 of epos admin@agriexpo.co.za vir meer inligting. Vir kompetisie besonderhede en programhoogtepunte, volg ons op Facebook (pages/Cheese-Festival), Twitter (@SACheeseFest) en Instagram (sacheesefest).

EINDE

 

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.