Tel: +27 21 975 4440/1/2/3 • www.cheesefestival.co.za

Suid-Afrikaanse Kaasfees wen top toekenning

31 Januarie 2017

Die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees, is vereer met die gesogte toekenning van gesamentlike Beste Verbruikers Uitstalling in die kategorie vir uitstallings groter  as 12 000 m(saam met MamaMagic, Johannesburg) by die eerste AAXO (Association of African Exhibition Organisers) Toekenningsaand wat aangebied is by die Ticketpro Dome in Johannesburg op 26 Januarie 2017.

Die 2016 SA Kaasfees het teen ‘n rekordgetal uitstallings in vyf kategorieë meegeding, wat deur gerespekteerde kundiges in die bedryf soos Talita Myburg, Besigheidseenheid Direkteur, Grey Advertising, Clinton Souter, Nasionale Verkoopsbestuurder, Franke, Dirk Elzinger, Besturende Direkteur, Convention Industrie Konsultante, Martin Hiller, Mede-uitgewer en Redakteur, 3S media, Chantal Riley, Bemarkingsbestuurder, Clockwork Media en Anton Post, Besturende Direkteur, Sanctuary Retreats beoordeel is.  “As jy die geleentheid kry om so baie unieke en interessante uitstallings te beoordeel, demonstreer dit bloot die bekwame en toegewyde professionele mense wat ons in die Suid-Afrikaanse uitstallingsbedryf het. Dit beklemtoon die feit dat die Suid-Afrikaanse Uitstallingsbedryf werklik op ‘n internasionale verhoog kan kompeteer,” sê beoordelaar Martin Hiller. Die 2016 SA Kaasfees was ook ‘n finalis in die “Onderskeiding in Vergroening” kategorie waar die bydrae tot herwinning, volhoubaarheid en omgewingsbewaring van ‘n uitstalling in ag geneem word. “Dit is ‘n wonderlike prestasie dat ‘n buiteluguitstalling wat net op landbouprodukte fokus en met die hoofdoel om die beeld van landbou te bevorder, hierdie toekenning te midde van al die ander professionele uitstallings ontvang het. Om ‘n finalis in die “Onderskeiding in Vergroening”  kategorie te wees beklemtoon verder ons verantwoordelikheid as ‘n Landbougenootskap teenoor bewaringsaspekte”, sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, organiseerders van die SA Kaasfees

Die 2017 SA Kaasfees vind plaas van Vrydag, 28 April tot Sondag, 30 April te Sandringham, Stellenbosch. Besonderhede is beskikbaar op www.cheesefestival.co.za

« back to news
No Alcohol will be served to persons under the age of 18.