SA KAASFEES AS BESTE IN SUIDERLIKE AFRIKA AANGEWYS

MEDIAVRYSTELLING

Die immergewilde SA Kaasfees is onlangs deur die Exhibition & Event Association  of Southern Africa (EXSA) vereer met die �Beste uitstalling van die Jaar� toekenning  vir Suiderlike Afrika in die Handel- en Verbruikerskategorie vir uitstallings  groter as 12 000m�. Die Kaasfees het vanjaar meegeding met bekende uitstallings  soos Decorex Johannesburg en Homemakers Fair.

Die EXSA deelnemers word in agt kategorie� volgens streng kriteria beoordeel  wat onder andere die grootte van die uitstalling en die kwaliteit ervaring  wat besoekers het, in aanmerking neem. Die doel van die toekennings is om die  impak van die uitstallingsmedium onder verbruikers en uitstallers tuis te bring  en bewustheid te kweek vir die belangrikheid van hoogstaande diens binne die  bedryf.

�Die prestasie is soveel te meer noemenswaardig weens die feit dat Agri-Expo �n  landbougenootskap is wat landbou, inlsuitend die suiwelbedryf, bevorder,� meen  Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo. �Deel van die SA  Kaasfees se sukses l� in die feit dat die fees getrou bly aan sy tema  en fokus. Die fees vind weer plaas van 25-28 April 2008.�

Nota aan redakteurs: Agri-Expo is �n landbou- en verwante organisasie  wat hom sedert 1831 daarop toespits om die beeld van landbou in die Wes-Kaap  te bevorder. Besoek www.agriexpo.co.za of www.cheesefestival.co.za vir  verdereinligting.

Uitgereik deur    
  Marlene Truter Communications
  Kontak: Marlene Truter
  Tel 021 424 8190 / 083 294 6060
  [email protected]

Namens    
  Agri-Expo
  Kontak: Mariana Rabie
  Tel (021) 975 4440 / 082 871 1114
  [email protected]

 
Untitled Document
PLEASE DIARISE

SA Cheese Festival
25 - 28 April 2008
at Bien Donné

FEATURES OF THE FESTIVAL

Checkers Cheese Emporium
Absa Cheese & Wine Route
Cheese Market and Fair Cape Market Square
The Mall
Gourmet Lane and Ladismith Cheese Music Gazebo
Milk Factory
Wilde Fruit Juices Kiddies Corner and Snack Food Lane
Surepure Cooking Pot

Nampak Exhibitors Function
Absa ATM
 
 
site by