Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

home features visitors info exhibitors news & media gallery history sponsors contact us

SA KAASFEES – 'N AVONTUUR VIR DIE FYNPROEWER

Feesgangers by vanjaar se SA Kaasfees van 26 tot 28 April kan uitsien na 'n fynproewersavontuur met meer as 350 soorte kaas vanuit die uithoeke van die land. Hierdie kase word byeengebring by Sandringham buite Stellenbosch – 'n ware paradys vir diegene wat hunker na 'n verruklike kos- en kuierervaring. Dié fees, wat jaarliks meer as 30 000 kaasgeesdriftiges lok, belowe 'n uitgebreide ervaring met 'n splinternuwe Vrydag laataandprogram.

Met die hekke wat Vrydagaand eers om 22:00 sluit, lê daar 'n hele aand van vermaak, pieknieks by volmaan en 'n luilekker proe- en koopervaring voor. Van die hoogtepunte op die Vrydagaandprogram sluit in die bekendstelling van Landbouweekblad kosredakteur, Arina du Plessis se nuwe boek, Boerekos, 'n kaaskerfkompetisie en 'n wyn- en sjokoladeparing deur Rooiberg Wynkelder in die DStv Food Network Teater. In die Checkers Teater wag Nataniël, Jenny Morris, Brümilda van Rensburg, Herman Lensing en Shaleen Surtie-Richards om hul kookgeheime met besoekers te deel. In die Absa Mall se Pinotage Teater, kan trots Suid-Afrikaanse Pinotage wyne saam met uithalergeregte geproe word onder leiding van Beyers Truter, koskonsultant Heleen Meyer en sanger Koos Kombuis. Kobus Mulder, bekende kaaskenner, bied 'n proe van 'n verskeidenheid handgemaakte kase in die BBC Lifestyle Sentrum aan en stel ook sy nuwe koffietafelboek Cheeses of South Africa bekend.

Hoewel 'n magdom smullekker produkte soos olywe, wyn, verleidelike soet deli-produkte en nuwighede soos Sjokoladekarameltoffies met Parmezan om jou aandag gaan meeding, bly kaas die ster van die vertoning. Met die ondersteuning van Absa kry tien boetiekkaasmakers vanjaar weer die geleentheid om hul produkte aan die publiek bekend te stel. Proe kase wat gewoonlik net by klein plaaslike markies beskikbaar is. Wees veral op die uitkyk vir totale nuwelinge by die fees soos De Böcke Goat Dairy (Malmesbury), Mooigelegen Boerenkaas (Heidelberg, Suid-Kaap), en Madame Fromage (Paarl). Dit is ook belangrik om die ander klein kaasmakers te besoek, soos Camphill Farm Community (Hermanus), Montagu Kaas (Montagu), Laerskool Buffeljagsrivier (Buffeljagsrivier), Langbaken Karoo Kaas (Williston), Taaibosch Kaas (Heidelberg, Suid-Kaap), Anysbos (Botriver) en Mysthill Plaas (Swellendam)

Blinde wynproeë is ou nuus, maar blinde kaasproeë is die nuwe neiging! Hanri Marais van Simonsberg sal jou fassineer met interessante kaasfeite en sjef Nic van Wyk van Diemersdal sal sintuie laat sing met sy kreatiewe kookkunsies. Moet beslis nie die aksie in die Pinotage Teater misloop nie: sjef Craig Cormack paar soute van regoor die wêreld met kos en Fleur du Cap wyn of geniet Durbanville wynvallei se Pinotage voorgesit met kontreikos, en baie meer.

Die DStv Food Network Kosteater is 'n miernes van bedrywighede met 'n aantal bekendes in Suid-Afrikaanse koskringe wat om die uur in die kombuis werskaf. Die groep sluit kosredakteurs is, naamlik Vicky de Beer (Rooi Rose), Hilary Biller (Sunday Times Food Weekly) en Arina du Plessis van Landbouweekblad, asook Andrea du Plessis (VITAL Health Foods), kosblogger Nina Timm en Alet Erasmus van Creative Cuisine Pantry wat saam met Randall Wicomb kook.

Die jongspan is net so gaande oor 'n dag by die fees. In die nabyheid van 'n verskeidenheid suiwel plaasdiere by die Melkfabriek, en in die prettige DStv Kids Zone wag daar ure se vermaak, insluitend karaoke, vertonings deur kulkunstenaars, springmielies en gesigverf en veel meer. Die geliefde Kidsco-karakters, Boo en Sonic, maak ook 'n draai om die kleinspan te vermaak.

Koop 'n R115 kaartjie vooraf by Computicket in alle Shoprite, Checkers, Checkers Hyper en House & Home winkels (geen kaartjies by die hekke). Senior burgers betaal R90 en kinders 13-jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is Vrydag oop van 10:00 tot 22:00, Saterdag van 10:00 tot 18:00 en Sondag 10:00 tot 17:00. Glase is teen R15 by die hekke beskikbaar.

Vir meer volledige inligting kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of [email protected] of besoek www.cheesefestival.co.za


Uitgereik deur CN Communication
Contact: Yolandi de Wet
tel 082 772 7519

[email protected]
Namens

Agri-Expo
Contact: Mariana Rabie
tel 021 975 4440 / 082 871 1114

[email protected]

 

    < Back
 
 
Home     |     Features     |     Visitors info     |     Exhibitors     |     News & Media     |     Gallery     |     History     |     Sponsors    |     Contact us
© Copyright Agri-Expo. All rights reserved.
Designed by Firefly Graphic Studio