Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

home features visitors info exhibitors news & media gallery history sponsors contact us
KAAS IS MOS KOESTERKOS

Peusel, proe en smul aan die grootste verskeidenheid kaas onder een dak by die 2013 SA Kaasfees van 26 tot 28 April by Sandringham buite Stellenbosch. Kaas is meer as 'n heilsame happie. Met 'n smelt-in-die-mond Camembert, 'n sterk bloukaas en 'n ewe geurige bokmelkkaas het jy terstond 'n vrolike fees.

'n Splinternuwe Vrydag laataandprogram sal sorg vir 'n uitgebreide feeservaring. Skop jou kantoorskoene uit teen tjailatyd en kom Kaasfees toe vir 'n laataand kuier met musiek deur bekende musikante en 'n volmaan piekniek met jou watertand aankope.

Die Kaasfees bring jaarliks 'n aantal boetiekkaasmakers van regoor die land by Sandringham byeen. Kom ontmoet dié kaasmakers wat daagliks klein hoeveelhede kaas met groot sorg en geduld met die hand maak en proe terselfdertyd die verskeidenheid van ons land se groter kaasmakerye. Verlustig jou in 'n oorvloed van snoeperye en keurprodukte van uitgesoekte produsente.

Kaas kry vlerke in die Checkers Teater met Nataniël aan die stuur en in die Kosteater waar verskeie koskenners jou vermaak met die nuutste kookkunsies. Die kleinspan kan nader staan vir ure se pret en vermaak met springkastele, stokbroodmaak en meer. Die Melkfabriek met sy koeie, bokke en skape sal jonk en oud bekoor.

Koop jou R115 kaartjie by jou naaste Computicket of Checkers (geen kaartjies by die hekke). Senior burgers betaal R90 en kinders 13-jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is Vrydag oop van 10:00 tot 22:00, Saterdag van 10:00 tot 18:00 en Sondag 10:00 tot 17:00. Glase is teen R15 by die hekke beskikbaar.

Vir meer volledige inligting kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of [email protected] of besoek www.cheesefestival.co.za


Uitgereik deur CN Communication
Kontak: Yolandi de Wet
tel 082 772 7519

[email protected]
Namens Agri-Expo
Kontak: Mariana Rabie, bemarkingsbestuurder
tel 021 975 4440 / 082 871 1114

[email protected]
    < Terug
 
 
Home     |     Features     |     Visitors info     |     Exhibitors     |     News & Media     |     Gallery     |     History     |     Sponsors    |     Contact us
© Copyright Agri-Expo. All rights reserved.
Designed by Firefly Graphic Studio