Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

home features visitors info exhibitors news & media gallery history sponsors contact us

SA IS MAL OOR KAAS!

Duisende kaasliefhebbers het oor die naweek op die 12e SA Kaasfees toegesak om hul gunsteling kaas tussen sowat 400 verskillende kase uit te soek. Die ideale piekniekweer, die feestelike kuieratmosfeer en die wie's wie van die koswêreld wat hul kookgeheime met besoekers deel, het bygedra tot 'n onvergeetlike herfsdag in die platteland.

Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo het die verlengde Vrydagaandure opgemaak vir die feit dat dié gewilde fees vir die eerste maal oor 'n gewone naweek moes plaasvind. "Volgende jaar kan besoekers egter weer uitsien na vier dae van kaas-en-kuier vanaf 25 – 28 April."

Kaasentoesiaste, kaasmakers en kaasverkopers is dit eens: die Kaasfees is een van die land se mees suksesvolle en genotvolle geleenthede. Brian Dick, eienaar van Gourmet Cheese in Johannesburg, een van SA se grootste boetiekkaaswinkels, het nog nie een fees misgeloop nie. "Wat my die meeste van die fees beïndruk is die blootstelling wat veral klein kaasmakers hier kry en die spesialiteitsprodukte wat elke jaar hier bekendgestel word," sê hy. "Oor die jare het ek ervaar dat die beskikbaarheid van bokmelkkaas en -jogurt groot groei getoon het en die kwaliteit van hierdie produkte neem elke jaar toe. Nou eksperimenteer produsente toenemend met roumelkprodukte – 'n tendens wat inderdaad goeie nuus is vir diegene wat goeie kaas waardeer."

"Ons het uitstekende terugvoer gekry by ons stalletjie," sê Mark de Villiers, kaasmaker van Mysthill Farm in George, een van die tien klein kaasmakerye wat 'n Absa-borgskap ontvang het om by die fees uit te stal. "Die fees bied werklik puik bemarkingswaarde vir opkomende kaasmakerye soos ons – nou weet byna 30 000 mense waar om ons produkte in die hande te kry."

Kontak Agri-Expo by 021 975 4441 vir meer inligting of besoek www.cheesefestival.co.za vir foto's van vanjaar se fees.

.
Uitgereik deur CN Communication
Contact: Yolandi de Wet
tel 082 772 7519

[email protected]
Namens

Agri-Expo
Contact: Mariana Rabie
tel 021 975 4440 / 082 871 1114

[email protected]

 

    < Back
 
 
Home     |     Features     |     Visitors info     |     Exhibitors     |     News & Media     |     Gallery     |     History     |     Sponsors    |     Contact us
© Copyright Agri-Expo. All rights reserved.
Designed by Firefly Graphic Studio