2007 SA Kaasfees Kies die naweek van 27 tot 30 April 2007 koers na die grootste SA Kaasfees nog op die prentjiemooi Bien Donn�-plaas tussen Paarl en Franschhoek. Vanjaar se fees het 'n tikkie Franse flair met eg Franse kase wat spesiaal vir die geleentheid ingevoer is. Nog 'n interessante nuutjie is die Absa Kaas- en Wynroete waar feesgangers eerstehands kan kennis maak met plaaslike Pinotage-produsente en splinternuwe boetiek kaasmakers van regoor die land wat, danksy Absa se borgskap, vanjaar vir die eerste keer op die fees uitstal. By die immer gewilde Woolworths Kaasemporium kan die grootste versameling kaas onder een dak in lugverkoelde gerief geproe word. Nie net die room van die suiwelbedryf � kase wat met die bedryf se hoogste toekenning die Qualit�-merk spog � stal hier uit nie, maar ook 'n groot gros wynmakers en ander produsente. 'n Unieke verskeidenheid varsgebakte brood, olywe in al wat 'n verwerkte vorm is en ander kaasverwante produkte, sal vir 'n gastronomiese fees sorg. Loer ook by die Mall in vir eksotiese deliprodukte soos druiwepitolie, heuning, kweperjellie, pere ingel� in rooiwyn met framboos en kaneel en ander lekkernye. Vir �n unieke kermisatmosfeer in die Bolandse natuurskoon is die Mitchell�s Brouery-markplein met die buitelug kaasmark net die plek om bietjie asem te skep. In die Fynproewerslaan bied top restaurante vanuit die omgewing smaaklike middagetes wat rustig onder die groot ou eikebome geniet kan word terwyl die BRAWOU! orkes in die Ladismith Musiek Gazebo vir die musiek sorg. Die Kookpot, met die Silwood-kookskool aan die roer van sake, prut vanjaar behoorlik met beroemde kospersoonlikhede wat feesgangers met hul kulin�re kunsies sal betower. Besoekers kan uitsien na Natani�l wat weer in sy bekende Clover baadjie sal vermaak en Sarie se kosredakteur, Barbara Joubert wat met haar demonstrasie getiteld �Lees dit, sien dit, proe dit� Fairview kase op die voorgrond plaas. Jonathan Gargon van Ellerman House-faam, gaan hier The Company of Wine People se wyne met kaas trou terwyl Lourensford wynmaker Philip Costandius en bekroonde sjefs Bertus Basson en Craig Cormack gaan sorg vir 'n tikkie romantiek met eksotiese vrugte gekombineer met die vrug van die wingerdstok. Ook die Kaapse wynmeester Bennie Howard en Kobus Mulder van Agri-Expo gaan hul beurt in die kombuis kry en oor die paring van bekroonde Veritas wyne en Qualit� kase gesels. Die kleinspan kan soos gewoonlik uitsien na ure se pret en plesier in die Wilde Vrugtesap Kinderspeelhoekie waar die vermaak wissel van springkastele tot inkleurkompetisies en narstreke. Hul eie peuselhappie- en vrugtesaplaan hou die magies vol en maak die jongspan gereed vir nog interessanthede in die Melkfabriek waar hulle kan sien hoe bokke, koeie en selfs skape gemelk word, of in die Fair Cape buitelughoekie waar hulle die melkliedjie by die dansende koei kan leer. Sit 'n Franse baret op, trek 'n paar gemaklike stapskoene aan en neem die R45 na die SA Kaasfees op Bien Donn� van 27 tot 30 April. 'n Beperkte aantal kaartjies is per dag beskikbaar en kan vooraf gekoop word by Computicket-takke landwyd en aanlyn. Feeskaartjies kos R75 per persoon en sluit 'n handige inkopiesak en feesprogram sowel as alle proe� en demonstrasies in. Wynproeglase is beskikbaar by die hek teen R5 elk. Senior burgers kan die fees enige dag bywoon teen 'n afslagtarief van R45 en kinders 12 jaar en jonger word gratis toegelaat. Gratis kaartjies vir Natani�l se demonstrasie is buite by die Clover-stalletjie beskikbaar. 'n Absa OTM op die terrein sal sorg dat die beursies vol bly. Die hekke sal van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April van 10:00 tot 18:00 oop wees en op Maandag 30 April van 10:00 tot 16:00. Kontak die organiseerder, Agri-Expo, by tel: 021 975 4440, per epos by [email protected] of besoek die SA Kaasfees se webtuiste by www.cheesefestival.co.za vir meer inligting. EINDE Uitgereik deur Marlene Truter Communications Kontak: Stella Wink Tel 021 465 2055 of 082 8822 502 [email protected] Namens Agri-Expo Kontak: Mariana Rabie Tel (021) 975 4440 of 082 871 1114 [email protected]
|