GROOTSTE KAASFEES N�G

MEDIAVRYSTELLING

Vir onmiddellike vrystelling 2007-05-03

GROOTSTE KAASFEES N�G

2007 SA Kaasfees

Nie eers die Kaapse weer kon vanjaar se Kaasfeesgees demp nie. Die afgelope langnaweek het 27 000 kaasliefhebbers na di� immergewilde fees op Bien Donn� gestroom.

Hierdie fees der feeste het ten spyte van �n toestroming van besoekers �n ontspanne fynproewers-ervaring aan ieder en elk gebied. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo � die organiseerder van die fees � is die naweek se sukses deels te wyte aan die hersiene terreinuitleg en dat slegs diegene met voorafgekoopte kaartjies tydens die drukste tye toegelaat is.

Vanjaar se fees was ook die grootste wat betref aantal uitstallers en diversiteit van produkte. Die altesaam 175 uitstallers het met meer as 400 kase, keurwyne, olywe, varsgebakte brood en selfs sjokolade die feesgangers se smaaksintuie verlei. Die fees het vanjaar boonop gespog met buitelandse uitstallers. Ingevoerde Franse kase en toerusting het �n tikkie Franse flair verleen. Vir Antony Neveu, verkoopskonsultant van Servi Doryl wat kaasmaaktoerusting uitgestal het, was dit merkwaardig om te sien dat die alombekende Franse kaas- en wynkultuur ook in Suid-Afrika posgevat het.

Nuwe uitstaller Helga Joubert van Helga�s Cheese Products in Somerset-Wes, beskou die Kaasfees as �n perfekte geleentheid om bande met verspreiders en handelaars te smee. �Vir iemand met �n nuwe onderneming soos myne, is di� fees onontbeerlik,� meen Joubert.

Chris Davis, Fairview Cheese se bemarkingsbestuurder s� �Ons ondersteun elke jaar die fees omdat dit �n ideale platform is om ons verbruikers van aangesig-tot-aangesig te ontmoet en hul meer te vertel van ons reeks produkte.�

Di� kaasmakery het met die louere weggestap as nasionale kaasuitstaller met die mees indrukwekkendste uitstalling. Dalewood Fromage is met die prys vir die aantreklikste boetiek-kaasstalletjie bekroon terwyl SA Guernsey koning gekraai het met die beste stalletjie in die Melkfabriek. Die prys vir die top stalletjie in die Fynproewerslaan is aan Marc�s Mediterranean Cuisine en Avondale toegeken, terwyl Domein Doornkraal en Pesto Princess Verlaque Foods onderskeidelik die pryse vir beste Wyn en Verwante Produkte gewen het.

Kaasliefhebbers wat vanjaar se fees misgeloop het, kan sommer nou al die naweek van 25 tot 28 April vir die 2008 SA Kaasfees dagboek.

EINDE
Uitgereik deur Marlene Truter Communications
Kontak: Stella Wink
Tel 021 465 2055 of 082 8822 502
[email protected]

Namens Agri-Expo
Kontak: Mariana Rabie
Tel (021) 975 4440 of 082 871 1114
[email protected]

 
PLEASE DIARISE

SA Cheese Festival
27 - 30 April 2007
at Bien Donné

FEATURES OF THE FESTIVAL

Woolworths Cheese Emporium
Absa Cheese & Wine Route
Cheese Market & Mitchell’s Breweries Market Square
The Mall
Gourmet Lane and Ladismith Cheese Music Gazebo
Milk Factory
Wilde Fruit Juices Kiddies Corner and Snack Food Lane
The Fair Cape Alfresco Milk Corner
The Cooking Pot
Read more...
The Nampak Exhibitors’ Breakfast
Absa ATM
 
site by