-
GET YOUR TICKETS
Tickets for the FESTIVAL
are available through
Computicket
No tickets at the gates. -
COMPETITIONS
Click here to
read about our
ongoing competitions
and giveaways. -
SUBSCRIBE
SUBSCRIBE TODAY!
Be the first to receive
the latest news
& competitions. -
#WATERWISE
The SA Cheese Festival is a waterwise festival. Read more about how we minimise our impact on water resources.
Ervaar méér by die 17de Kaasfees
Besoekers aan die 17de Suid-Afrikaanse Kaasfees kan weer eens ’n waarlik unieke ervaring van kaas én meer verwag. Kom proe ’n wye verskeidenheid van kase, geniet jou gunsteling saam met wyn of top plaaslike produkte en ontspan saam met familie en vriende.
Die bekroonde SA Kaasfees, die grootste buitelug-kosgebeurtenis, vind oor drie dae plaas vanaf Vrydag, 27 April (Vryheidsdag) tot Sondag, 29 April 2018 op Sandringham, die tuiste van die SA Kaasfees. Vermaak sluit uitstekende musiek in, asook aanbiedinge deur bekende sjefs en klein kaasmakers plus aktiwiteite vol pret vir kinders en tieners, waaronder ’n kaaskerfkompetisie.
Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Computicket (en in alle Shoprite en Checkers winkels) teen R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar betaal R20. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl.
Neem deel aan die gesprek op Facebook, Twitter en Instagram. Vir meer inligting, kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of [email protected].
« back to news