-
GET YOUR TICKETS
Tickets for the 2017 FESTIVAL
are available through
Computicket.
No tickets at the gates. -
COMPETITIONS
Click here to
read about our
ongoing competitions
and giveaways. -
SUBSCRIBE
SUBSCRIBE TODAY!
Be the first to receive
the latest news
& competitions. -
TRAFFIC TIPS
Click here for
detailed descriptions
and traffic tips.
SA KAASFEES WEN TOP TOEKENNING
Agri-Expo het met trots die Platinum Toekenning vir die Beste Uitstalling in Suidelike Afrika by die onlangse EXSA (Exhibition & Event Association of Southern Africa) Toekenningsdinee in Monte Casino vir die 2015 Suid-Afrikaanse Kaasfees ontvang.
Deur die industrie beoordeel
Die SA Kaasfees was genomineer in die kategorie vir Verbruikersuitstallings groter as 10 000 m². “Wat hierdie toekenning besonders maak, is dat die beoordelaars almal organiseerders van groot uitstallings is, so ons is deur die beste in die industrie beoordeel”, sê Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo.
Agri-Expo dra die toekenning op aan lojale ondersteuners
Die fees lok jaarliks meer as 30 000 besoekers oor drie dae en Agri-Expo poog voortdurend om die kwaliteit en besoekerservaring te verbeter. “Om hierdie uitsonderlike toekenning te ontvang, verg beslis ‘n spanpoging van die Agri-Expo span, ons finansiële vennote, elke uitstaller, die media én die publiek. Ons dra dus hierdie toekenning aan een en elkeen van u op”, sê Ehlers.
Fees dra by tot die ekonomie
Die SA Kaasfees vind plaas op Sandringham in Stellenbosch, Wes-Kaap, maar lok besoekers van reg oor die land sowel as ‘n groeiende internasionale belangstelling. Dit maak hierdie toekenning ‘n veer in die hoed van die Wes-Kaap en beklemtoon die SA Kaasfees, met hierdie magdom besoekers, as een van die top toeriste attraksies op die kalender.
Vier fees met ons!
Hierdie toekenning dra by tot die 2016 tema, In die Kollig, wat saamval met die viering van die 15de bestaansjaar van die SA Kaasfees. Vir die ideale Kersgeskenk , bederf iemand met Kaasfees kaartjies, nou beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, gaan na www.cheesefestival.co.za.
« back to news